FIND US ON

  • Meetings
    • When / Where?
    • Join VDBP Photoclub
    • Committee Members
  • Media
    • Blog
    • Newspaper Articles
    • Events
  • Competition
    • Month Theme
    • How to submit Images
    • PSSA
    • Judging
  • Winners
    • Progress Report
    • Month Winners
    • National Salon Medal Winners
    • Online Competition
    • Other individual achievements
    • PSSA Annual Club Competitions
    • PSSA Photo Club Winning Image
    • PSSA Website Image Winner
    • South Gauteng Region Results
  • Sponsors
  • Contact

Judging


Waarom bring lede hulle fotos na die klubaande?

Jy wil graag hoor wat ander mense van jou foto dink en hoor graag kommentaar op jou foto.

Beoordeling van fotos by fotografieklubs:

•  Die doel van beoordeling van fotos by klubs is in die eerste plek om ons almal te leer en bewus te maak wat goed is in ‘n foto en waar ons, ons fotos kan verbeter.

•  Dit is tweedens nie kritiek teen die fotograaf nie en baie belangrik dat jy as fotograaf dit nie persoonlik opneem nie.

•  Die kommentaar van die beoordelaars is die persoonlike opinie van daardie persoon, en moet ook dienooreenkomstig so gesien word.

•  Dit bly nog steeds die fotograaf se keuse om die kommentaar op sy of haar foto te filter en te besluit watter van die kommentaar jy wil gebruik om jou foto te verbeter, indien enige.

•  Omdat fotografie ook gesien word as ‘n alternatiewe kunsvorm, is daar nie rigiede riglyne nie, maar wel voorstelle wat jou kan help om jou foto aanvaarbaar te maak.

  • Beoordeling is dus subjektief en elke persoon gaan ‘n spesifieke foto verskillend ervaar, net soos in die geval van ‘n skildery.
  • Wanneer, arguments onthalwe, ‘n man sy vrou se foto beoordeel en hy voel ongemaklik daarmee, kan die ‘J’ op die score boks gedruk word waarna die gemiddeld vir die foto uit twee beoordelaarspunte outomaties bereken sal word. So ook as sy eie foto beoordeel word.
  • As opvolg vir die JAP (Judges Accreditation Programme) sal, na ’n klubaand waartydens klub beoordelaars beoordeel het, die betrokke beoordelaars sowel as die ander beoordelaars in die klub, genooi word om ’n informele beoordelingsessie van ’n paar van die beoordeelde fotos by te woon. Foute en voorstelle sal bespreek word en beoordelaars sal die geleentheid kry om voor ’n klein groepie kommentaar te lewer. Dit sal deel uitmaak van die beoordelaarsopleiding.
  • Die mikpunt van die JAProgram is om ’n opsomming van kommentaar op die beoordelingsvermoë van elke beoordelaar te maak sodat daar op goeie en swak punte gefokus en oplossings vir swak punte gevind kan word. Beoordelaars behoort JAP kursusse gereëld by te woon.

img

Where photography and people meet...

Hit counter powered by Free-Counters.org

  • FIND US ON
  • Facebook
  • YouTube

© 2019 VDBP-Photo.org.za. All Rights Reserved | Development by Why Web Developments
Design by W3layouts