FIND US ON

  • Meetings
    • When / Where?
    • Join VDBP Photoclub
    • Committee Members
  • Media
    • Blog
    • Newspaper Articles
    • Events
  • Competition
    • Month Theme
    • How to submit Images
    • PSSA
    • Judging
  • Winners
    • Progress Report
    • Month Winners
    • National Salon Medal Winners
    • Online Competition
    • Other individual achievements
    • PSSA Annual Club Competitions
    • PSSA Photo Club Winning Image
    • PSSA Website Image Winner
    • South Gauteng Region Results
  • Sponsors
  • Contact

Online Winners - Junie 2023


Online Winners - Junie 2023

Huisie by die berg

by Mietsie Visser


Huisie by die berg

Baie mooi landskap met goeie komposisie deur goeie balans tussen die gebou en die hoogste bergspits Die wolke dra verder by tot n sterk foto alhoewel daar n bietjie noise in die blou is Die kontras is dalk net effe te ver gestoot

Wild horses from Aus

by Koos Fourie


Wild horses from Aus

Baie sterk aksie terwyl dit mooi gevreis is om die perde mooi in fokus te kry Die stof dra by tot die aksie Die lig rigting was nie heeltemaal ideaal nie omdat lig ontbreek op groot dele van die linkerkantste perd wat die hoof fokuspunt is weens die aksie Voeg bietjie brightness in die foto in Ek stel ook voor dat links bietjie afgekrop kan word tot n meer vierkantige aanbieding

Skoonheid tussen die klippe

by Eanette Maass


Skoonheid tussen die klippe

Die stuuifmeeldrade van die blom is baie mooi in fokus Die komposisie is ook goed met die plasing van die blom en ook die insluiting van die klippies aan die linkerkant Beligting was moeilik en die heel voorste wit blare van die blom is effe oorbelig en verloor detail Dit kan selektief verwerk word om bietjie minder helder te wees

As ek moeg word vir die lewe in die stad

by Leanie Hatting


As ek moeg word vir die lewe in die stad

Sterk komposisie met die inleiding deur die tonnel en dan die figuur in die boog geplaas Die paadjie lei jou oog verder in die foto in Ek dink indien jy self n tree meer regs gestaan het sou die geboutjie nog beter geplaas gewees het vir goeie balans en minder van die linkerkantste muur wat min detail in het alhoewel die beligting goed hanteer is Goeie f stop vir goeie diepte van veld in die geval

Early morning mist

by Renee Storme


Early morning mist

Die foto het baie mooi atmosfeer Die mistigheid in die agtergrond dra die foto Die lig was nog baie min om die mis vas te vang Dit veroorsaak ongelukkig n baie helder lug Crop heelwat aan die linkerkant af want die bome neem bietjie die aandag van die mistigheid weg

Pass the ball

Pass the ball

baie goeie aksie Goeie keuse van sluiterspoed want die perde is mooi skerp in fokus Agtergrond goed geblur maar met nog minder diepte van veld kan dit verder uit fokus wees Crop nog bietjie regs om van die helder area bo regs ontslae te raak Die wit op die voorste ruiter se broek kan ook bietjie minder bright gemaak word

Sizanani plastics

by Johan Brits


Sizanani plastics

lekker aksie in die modder en die panning is redelik goed hanteer met beweging in die wiele en n geblurde agtergrond Die kar self kan bietjie skerper wees Die beligting is goed hanteer vir die omstandighede

Lomigen

by Haig Fourie


Lomigen

Pragtige model en die fokus is baie mooi op haar Die beligting is redelik goed hanteer alhoewel dit baie direk van voor was Ek sou graag bietjie sy beligting deur bv n reflekter wou sien net om bietjie medellering op die gesig te kry maw sagte skaduwees by bv die neus area

Jacana Feeding

by Suzy de Beer


Jacana Feeding

Baie mooi naby skoot van die kelin jacana Fokus is goed en daar is aksie deurdat die outjie kos soek Mooi skeiding teen die agtergrond Die foto is net in geheel te helder Kan maklik n stop afgebring word

Vossies refleksie

by Johan Joubert


Vossies refleksie

Baie mooi foto wat n mooi storie van die gesin jakkalse vertel by die water en is iets wat mens nie elke dag sien nie Die fokus en beligting op die boonste helfte van die foto is korrek en goed hanteer Die water en refleksie deel is egte te helder en kompeteer met die boonste helfte

Train Bridge

by Libbie Maritz


Train Bridge

Baie sterk komposisie met die spore wat met die kurwe in die foto inkom en jou deur die foto neem Diepte van veld is goed gekies mmet die foto in fokus soos nodig in die geval Beligting in die omstandighede goed hanteer alhoewel die helder wit lug tog bietjie steurend is Maak die spore reg voor effe donkerder

img

Where photography and people meet...

Hit counter powered by Free-Counters.org

  • FIND US ON
  • Facebook
  • YouTube

© 2019 VDBP-Photo.org.za. All Rights Reserved | Development by Why Web Developments
Design by W3layouts