FIND US ON

  • Meetings
    • When / Where?
    • Join VDBP Photoclub
    • Committee Members
  • Media
    • Blog
    • Newspaper Articles
    • Events
  • Competition
    • Month Theme
    • How to submit Images
    • PSSA
    • Judging
  • Winners
    • Progress Report
    • Month Winners
    • National Salon Medal Winners
    • Online Competition
    • Other individual achievements
    • PSSA Annual Club Competitions
    • PSSA Photo Club Winning Image
    • PSSA Website Image Winner
    • South Gauteng Region Results
  • Sponsors
  • Contact

Online Competition - September 2021


Online Competition - September 2021

Aan die keel beet

by Mietsie Visser


Aan die keel beet

Puik foto. Die kop en oog is baie skerp. Goeie keuse van sluiterspoed om genoeg van die aksie te vries. Goeie beligting ook om die impak te verhoog. Verbetering deur die noise op die ligte boonste gedeelte in die agtergrond effe te verminder

Die water is geen hindernis

by Elsje Vermeulen


Die water is geen hindernis

Baie mooi aksie met die water wat spat. Die skerpte op die atleet is goed. Beligting was moeilik deur teen die lig te neem. Die gevolg is dat die agtergrond baie helder is en met die atleet kompeteer. n Vlakker diepte van veld om die agtergrond meer uit te skakel kan ook die foto verbeter

Dropped wings

by Haig Fourie


Dropped wings

Lekker naby foto van die naaldekoker Goeie uit fokus agtergrond. Die algehele beligting op die foto is te helder Ek stel voor maak die hele foto effe donkerder Skerpte op die kop is goed en deur die foto donkerder te maak sal die skerpte selfs beter wys

Elephant drinking water

by Johan Brits


Elephant drinking water

Die lekker naby aksie van die slurp gee n ongewone foto met goeie impak Lekker uit fokus agtergrond en mooi lig Die skerpte op die slurp is nie heeltemaal daar nie Dus n bietjie vinniger sluiterspoed sou dalk die aksie beter gevries het

Hamerkop

by Neville Hein


Hamerkop

Skerpte op die hamerkop is redelik et goeie tekstuur op die vlerke Die gebrek aan lig in die geval veroorsaak n gebrek aan impak op die foto Verdonker dalk die groot uit fokus rots in die agtergrond om die aandag minder af te trek

Jump to the next branch

by Chanel Enslin


Jump to the next branch

Baie goeie aksie Die detail in die vere en vlerke is uitsonderlik Baie mooi uit fokus agtergrond ook Die blomme in die agtergrond is nou wel uit fokus maar dit dra by tot die storie on aan te dui waarheen die voel op pad is Die enigste wat bietjie steur is die takkie wat diagonaal deur die foto loop

Jumping monkey

by Suzy de Beer


Jumping monkey

Lekker aksie met goeie trefkrag Beligting op die bobbejaantjie en die stomp waarheen hy spring is goed Die vertikale stomp aan die linkerkant is baie helder en verdeel die aandag Dit kan selektief verdonker word

NamibRand vlakte

by Koos Fourie


NamibRand vlakte

Baie treffende landskap met interessante kleure Die sagte lig wat teen n lae hoek inval beklemtoon die rooi duine baie mooi wat n pragtige kurwe gee vir n sterk komposisie Die hoek effe van n hoogte vanwaar die foto geneem is versterk ook die goto Bietjie meet lig op die boom onder sal n sterker anker gee en die komposisie verder versterk

Oranje brandwurm

by Rensia Fourie


Oranje brandwurm

Baie treffende kleure van die wurm teen n mooi agtergrond gee goeie impak Die stokkie is baie skerp maar die wurm ongelukkig nie Die beweging van die wurm het moontlik veroorsaak dat die wurm nie skerp genoeg is nie of die vlak diepte van veld toe op die stokkie gefokus is maak dat die wurm nie skerp is nie

Oupa rus

by Chris Bester


Oupa rus

Interessante interaksie met die jakkals wat wonder of hy n kans moet waag Die gemsbok lyk min gepla Voldoende skerpte Die foto kort net n bietjie meer brightness om sterker te vertoon

Patterns

by Tom Prins


Patterns

Die panorama aanbieding werk vir die foto Sagte pastel kleure wat mooi mood gee Die horisonlyn is goed geplaas om nie te sterk te wees en te oorheers nie Die rotse voor is n sterk fokuspunt Ongelukkig kort daar bietjie meer lig op die rots Dit kan reggestel word

Pelikaan krap skouer

by Pine Pienaar


Pelikaan krap skouer

Die pelikaan is goed geplaas en daar is ook bitjie aksie Die fokus op die oog is goed Die voel staan mooi uit teen die agtergrond Die lig direk op die rug is baie sterk en die foto is bietjie te bright Die detail in die vere gaan as gevolg daarvan effe verlore

Ssshhhh

by Nicky Jansen van Vuuren


Ssshhhh

Sterk storie in die foto Kleure baie mooi met die persone wat n goeie silhouet is Die interaksie gee goeie trefkrag.

The herd

by Renee Storme


The herd

Lekker aksie goed in fokus Die sagte lig maak vir n foto met mooi mood Ek meen as die lug gedeelte bietjie donkerder gemaak is sal die impak selfs sterker wees

img

Where photography and people meet...

Hit counter powered by Free-Counters.org

  • FIND US ON
  • Facebook
  • YouTube

© 2019 VDBP-Photo.org.za. All Rights Reserved | Development by Why Web Developments
Design by W3layouts