FIND US ON

  • Meetings
    • When / Where?
    • Join VDBP Photoclub
    • Committee Members
  • Media
    • Blog
    • Newspaper Articles
    • Events
  • Competition
    • Month Theme
    • How to submit Images
    • PSSA
    • Judging
  • Winners
    • Progress Report
    • Month Winners
    • National Salon Medal Winners
    • Online Competition
    • Other individual achievements
    • PSSA Annual Club Competitions
    • PSSA Photo Club Winning Image
    • PSSA Website Image Winner
    • South Gauteng Region Results
  • Sponsors
  • Contact

Online Competition - October 2019


Online Competition - October 2019

Beauty is in the eye of the beholder

by Thys Foord


Beauty is in the eye of the beholder

Beligting goed hanteer. Voël is redelik skerp.Oog is mooi skerp. Om te verbeter:- Voël is ingedruk (crop is te tight) - veral by sy pote. Daar is nie detail in die swart gedeeltes van die vere nie.

Breekoparend

Breekoparend

Goeie oogkontak met die breëkoparend. Hulle krui ongelukkig in die skaduwee weg wat veroorsaak dat fotos oorbelig raak wat die agtergrond betref. Die foto kan moontlik aan die regterkant afgemaskeer word om gedeeltelik ontslae te raak van die helder agtergrond.

Doubtful Landing

by Tom Prins


Doubtful Landing

Kleurversadiging goed. Mooi beweging in die vlerkies. Ongelukkig ontbreek skerpheid - veral in die wewer wat in die lug is. Grein in agtergrond kan aan gewerk word.

Dwarsvlei

by Haig Fourie


Dwarsvlei

Mooi landskap waar die wolke baie mooi is en impak aan foto gee. Ook mooi inleidende lyne van treinspore, met die geboutjie as n sterk fokus punt. Om te verbeter:- Die gras gedeelte is aan die ligte kante en n ander tipe lig sou die impak aansienlik verbeter het.

Emma

by Elsje Vermeulen


Emma

Die uitdrukking op die model se gesiggie maak die foto. Die kunstige verwerking werk ook in die geval. Die helder kol onder haar regter elmboog trek mens se oog en kan verdonker word.

Fris en vars

by Chanel Enslin


Fris en vars

Jou diepte van veld uitstekend. Blousysie se beligting goed hanteer. Kyk net so bietjie na jou blou. Interessante maskering.

Hosana patrolling

by Renee Storme


Hosana patrolling

Mooi foto van die luiperd wat in die nag rondloop. Die spot light help om lig te plaas op die regte plekke waar dit nodig , en dis nie te helder of ye donker nie en dis so gebruik dat dit die nag uit wys. Goed gedoen om luiperd wat aan die beweeg is skerp te kry. Baie goed gedoen om die oë in sy natuurlike kleur te kry, waarskynlik omdat die spotlight van die kant gekyn het. Die tong wat uitsteek is n groot bonus.

Kokerboom oorleef

by Koos Fourie


Kokerboom oorleef

Die enkel kokerboom dra goed by om die verlatenheid van die woestynlandskap uit te beeld. Die rolbos voor in die foto skep n goeie anker. Goed gebalanseerde foto.

Kyk my spiere

by Mietsie Visser


Kyk my spiere

Jou model het lekker saamgespeel. Algehele skerpheid in foto. My aanbeveling is om jou lig so te plaas dat beide kante van jou model se gesig nie dieselfde belig is nie. Sy hand help om die een kant effens in die skaduwee te sit, maar dit is nie genoeg nie. Die beligting van voor het jou n paar punte gekos.

Laat middag langs die Vaalrivier

by Neville Hein


Laat middag langs die Vaalrivier

n Rustige toneel by die water. Beligting is goed Om te verbeter:- Die toneel is baie besig. Die boom wat waarskynlik die fokuspunt moet wees, is te groot in die toneel - jy kon dalk n paar meter terug gestaan indien die omgewing dit sou toelaat. Dit wit gedeelte van die water het te veel lig op en trek die kyker se aandag af. Verdonker dit bietjie af in Photoshop.

Lioness with baby

by Johan Brits


Lioness with baby

Die interaksie tussen die leeuwyfie en haar welpie gee lekker emosie aan die foto. Die leeus is vlymskerp. Die helder agterbeen van die leeuwyfie trek mens se aandag bietjie af en die slyk/modder kom onnatuurlik voor.

Marakele Lookout Viewpoint

by Sobrina Janse van Rensburg


Marakele Lookout Viewpoint

Kleur op rotse voor in die foto mooi. Wolke mooi - niks uitgebrand. Skerpheid op die berg aan linkerkant van foto kort.

Olifant kleuterskool

by Chris Gouws


Olifant kleuterskool

Olifant kalfie wat lê het goeie impak. Die ander olifant om die kalfie toon die interaksie. Om te verbeter:- Die lig is helder en hard - n sagter lig sou die impak aansienlik beter gemaak het. Die een poot en die stert wat geampiteer is, het jou punte gekos.

See toe

by Chris Bester


See toe

Lekker aksie foto. Goeie komposisie en sluiterspoed. Die foto het ongelukkig te veel grein op wat moontlik veroorsaak is deur te veel sharpening. Die helder kolle op die hondjie se lyf trek ook aandag af.

Staan op rus

by Mauritz Faling


Staan op rus

Hantering van diepte van veld goed. Fokus op pikkewyn goed. Hoek van foto interessant. Witte onder keel vertoon uitgebrand.

Vis fotograaf

by Pine Pienaar


Vis fotograaf

Goeie straat/reis foto waar hierdie twee dames op iets afgekom het wat hulle baie amuseer. Die agtergrond (hawe omgewing) skep die agtergrond (om die storie te vertel) waarteen die toneel hom afspeel. Die kleurversadiging is baie goed en die dame met die rooi onderbaadjie gee n sterk fokuspunt

Voor die Zoerdoef

by Anmar Collins


Voor die Zoerdoef

Interessante foto van n ongewone onderwerp. Die skerpte in die middel van die blom is goed, maar die witte van die buiteblare is oorbelig en kom uitgebrand voor. Die uit-fokus voorste stamper doen ook afbreek aan die foto.

Vroeg oggend eende

by Nicolaas Louw


Vroeg oggend eende

Foto mooi in derdes. My oog hou aan om in die rigting van die ligte gedeelte in die foto te beweeg. Vir my is die impak van die foto op die eende en ongelukkig is hulle redelik donker in die foto.

Waar is my koffie

by Mieke de Jager


Waar is my koffie

Baie oulike idee met die klein hasie in die beker geplaas. Ek hou van jou komposisie waar jy die beker se oor na die kant gedraai het en omadat jy die hasie effens skeef in die beker geplaas het. Die ogie is skerp en is die fokuspunt in die foto. Die tongetjie wat uitsteek is n bonus en help om die impak te verhoog. Om te verbeter- Die bokeh gedeelte waar daar veral een kol is wat redelik baie verlig is trek die kyker se aandag af, jy kon dalk daai gedeelte weggecrop het. Maak die ander bokeh kolle ook donkrder sodat hulle minder prominent is.

img

Where photography and people meet...

Hit counter powered by Free-Counters.org

  • FIND US ON
  • Facebook
  • YouTube

© 2019 VDBP-Photo.org.za. All Rights Reserved | Development by Why Web Developments
Design by W3layouts