FIND US ON

  • Meetings
    • When / Where?
    • Join VDBP Photoclub
    • Committee Members
  • Media
    • Blog
    • Newspaper Articles
    • Events
  • Competition
    • Month Theme
    • How to submit Images
    • PSSA
    • Judging
  • Winners
    • Progress Report
    • Month Winners
    • National Salon Medal Winners
    • Online Competition
    • Other individual achievements
    • PSSA Annual Club Competitions
    • PSSA Photo Club Winning Image
    • PSSA Website Image Winner
    • South Gauteng Region Results
  • Sponsors
  • Contact

Online Competition - March 2021


Online Competition - March 2021

Boat launching for fishing

by Chris Gouws


Boat launching for fishing

Alsie goed vasgevang met boot wat "uit die water klim". Genoeg spasie vir boot om in te beweeg. Aspekte wat as dit anders was n hoër punt sou gee is: Visstok wat bo uit die foto gaan. Halos om die vistokke. Die swart gedeeltes op persone en op die boot wat nie detail het. Meer gunsiger lig op die boot sou impak verder verhoog.

Cape vulture up close

by Chanel Enslin


Cape vulture up close

Die foto is skerp en die en n die kyker se fokus gaan dadelik na die aasvoël se oog toe wat dit n baie suksesvolle foto maak. Dit het baie inpak. Die enigste voorstel vir verbetering is om die crop n bietjie aan te pas om die oog nie so heel in die middel te hê nie. Dalk links bietjie wegsny?

Engelvlerkies

by Chris Bester


Engelvlerkies

Mooi komposisie. Hou van die detail op die toe blomme. Ongelukkig is die hooffokuspunt die wit blom waar die fokus nie skerp is nie. Verwerking op die stuifmeeldrade veroorsaak ongewensde effek in die agtergrond.

Giraffe vir brekvis

by Mietsie Visser


Giraffe vir brekvis

n Uitstekende wildslewe foto met groot impak. Die leeu en die kameelperd is mooi skerp. Die komposisie is baie goed met die plassing van die leeu se kop. Die oë van die leeu trek en hou die kyker se aandag. Die bebloede tong verhoog die impak en die feit dat die kameelperd se gesig weg van die kyker is, "versag" die toneel en maak dit makliker vir sensitiewe kykers om na te kyk. Die agtergrond is mooi uit fokus, die voorgrond is net genoeg en die beligtng op die diere is baie mooi en sag. Geen voorstelle om foto te verbeter nie.

Gizelle Ending

by Jan Jacobs


Gizelle Ending

Uitstekende aksiefoto wat die oomblik baie mooi vasvang. Die beligting is veral uitstekend hanteer met die witte wat nie uitgebrand is nie.

Lemoenskoenlapper op blom

by Dricky Gouws


Lemoenskoenlapper op blom

Mooi skoenlapper met oop vlerke. Hou van die hoek waaruit geneem. Skerper fokos op die skoenlapper se gesig sou die foto verbeter. Die helder pienk van die blom se linkerkant trek ongelukkig fokus af van die skoenlapper.

Lioness watching me

by Johan Brits


Lioness watching me

Baie mooi impak foto met die posie waarteen die leeuwyfie staan. Die gespitsde ore kyk in die oog en effens oop mood voeg drama tot die toneel en laat die kyker wonder wat trek haar aandag. Die agtergrond is mooi donker en uit fokus met genoeg voorgrond om n sterk basis te gee waarop sy staan. Beligting is goed hanteer.

Lollipop

by Haig Fourie


Lollipop

Die stoutigheid op haar gesig maak hierdie n lekkerkyk PJ foto. Pragtig skerp en n lekker storie om te vertel. Beligting ook uistekend.

Orange eye fly

by Pine Pienaar


Orange eye fly

Baie detail op vlieg. Ligte kolle in agtergrond trek aandag af. Jammer vlieg het nie omgedraai, fokos sterker op stert as kop.

by Renee Storme




Mooi skêrp by bek en oog. Die "catch light" in die oog en die posisie van die kop wat effens opwaarts kyk verhoog die drama. Die skoon agtergrond en die weerkaatsing in die water verhoog die impak. Om hoër punt te kry. Maak voël effens ligter / helderder in verwerkings program

Vrolike oranje

by Pikkie Marais


Vrolike oranje

Die kleurversadiging en beligting is goed en die uit fokus agtergrond help ook om die blom te laat uitstaan. Die foto ontbreek egter die nodige skerpheid en die foto kon links ook gecrop word om ontslae te raak van die blaartjies links bo wat mens se aandag soontoe trek.

Waterval in kloof

by Koos Fourie


Waterval in kloof

Goeie komposisie en sluiterspoed. Skerp fokus op regterkantste rotse wat goed belig is. Foto sou dalk sterker gewees het met sterker fokus op rotse rondom hoof waterstroom.

Wilde iris

by Neville Hein


Wilde iris

Vierkantige crop werk goed en Iris in die middel van die foto werk. Die swart agtergrond laat die blom mooi uitstaan. Die foto is besig en die kyker se oog dwaal rond op soek na n sterk fokus punt wat uitstaan. Die groen gedeelte wat link bo agter die blomblare uitsteek is effens oorbelig en en trek die aandag weg van die blom.

img

Where photography and people meet...

Hit counter powered by Free-Counters.org

  • FIND US ON
  • Facebook
  • YouTube

© 2019 VDBP-Photo.org.za. All Rights Reserved | Development by Why Web Developments
Design by W3layouts