FIND US ON

  • Meetings
    • When / Where?
    • Join VDBP Photoclub
    • Committee Members
  • Media
    • Blog
    • Newspaper Articles
    • Events
  • Competition
    • Month Theme
    • How to submit Images
    • PSSA
    • Judging
  • Winners
    • Progress Report
    • Month Winners
    • National Salon Medal Winners
    • Online Competition
    • Other individual achievements
    • PSSA Annual Club Competitions
    • PSSA Photo Club Winning Image
    • PSSA Website Image Winner
    • South Gauteng Region Results
  • Sponsors
  • Contact

Online Competition - January 2022


Online Competition - January 2022

African sacred ibis

by Pine Pienaar


African sacred ibis

Baie mooi beligting op hierdie Ibis. Die Ibis is mooi skerp - snawel, oog en in die vere. Vere (witte) is nie uitgebrand nie en agtergrond mooi uit fokus. Om hoer punt te kry - dalk bietje aksie met bek oop en/of besig om te vreet of dalk vlerke oopgesprei reg om op te styg

Baboon family drinking water

by Johan Brits


Baboon family drinking water

Foto vertel n mooi storie. Bietjie oorbelig.

Black kite sunbathing

by Mietsie Visser


Black kite sunbathing

Dit is n pragtige foto wat met die eerste oogopslag aandag trek. Die beligtig is perfek wat tot die trefkrag van die foto bydra.

Daai oog

by Koos Fourie


Daai oog

Interessante foto. Te veel agtergrond. Om die vlerk kan die verwerking beter wees.

Die gezoem van die bye

by Nicky Jansen van Vuuren


Die gezoem van die bye

Oulike foto met die besies en die by. Die by kon bietjie skerper gewees het.

Hawk

by Chris Bester


Hawk

Die valk is oog en snawel-gedeelte is mooi skerp en die beligting is goed hanteer. Die vere in die nek vertoon effens uit fokus wat vir my so bietjie afbreek aan die foto doen.

Little bit of color

by Haig Fourie


Little bit of color

Mooi sagte pastel pienk kosmos blomme. Agtergrond mooi uit fokus. Goeie komposisie met skerpste blom op 3e. Die uit fokus blomme trek die aandag af en dit word vererger deur die wit druppel onderaan die kosmos blom aan die linker kant.

Little Grebe

by Chanel Enslin


Little Grebe

Mooi foto. Die refleksie en beweging van die water dra by tot die storie. Foto kan dalk bietjie ligter.

Lovebug

by Alancha Bakkes


Lovebug

Baie potensiaal in die foto. As jy nouer crop om die lovebug sodat dit net die bruin gedeelte van die boomstam wys, sou die foto n baie goei punt kon behaal het.

Onseker buffels

by Madre Fourie


Onseker buffels

Mooi toneel waar hierdie trop buffels na iets staar. Hulle lyftaal dui aan dat hulle nie gemaklik met die situasie is nie, wat die drama in die toneel skep. Agtergrond werk goed want dis "sag", maar dui steeds die omgewing aan. Die vignetting in hierdie foto benadeel eerder die foto as om te help met meer fokus op die buffels. Die vignetting in veral die hoeke van foto is steurend en trek die kyker se aandag af.

Stersirkel

by Suzy de Beer


Stersirkel

Pragtige foto. Hou van die effek met die sterre. Sou bietjie meer detail in die swart deel wou sien.

Tussen stasies

by Libbie Maritz


Tussen stasies

Mooi lyne raakgesien wat sorg vir n mooi foto. Die foto vertoon effens skuin, moontlik weens die hoek waaruit jy geneem het. As die brugpilare dieselfde aan die linkerkant vertoon as aan die regterkant sou die foto n hoer punt kon kry.

Verdwaalde sonneblom

by Marjoene Bakkes


Verdwaalde sonneblom

Jy het besluit om die sonneblom af te neem ons sien nogal heelwat sulke verdwaalde sonneblomme die tyd van die jaar langs die pad. Die enkel sonneblom en die treinspoor het jou getrek - dis baie goed raak gesien. Om te verbeter vir n hoer punt: 1 Die sonneblom is nie skerp nie - nie behoorlik in fokus nie. 2 Die ligtoestande was nie optimaal nie - sommige plekke op die blare is uitgebrand. 3 Jy kon dalk nog effens laer afgesak het vir n ander probeerslag, maar hierdie hoek werk ook nie te sleg nie. Dis n baie goeie probeerslag

img

Where photography and people meet...

Hit counter powered by Free-Counters.org

  • FIND US ON
  • Facebook
  • YouTube

© 2019 VDBP-Photo.org.za. All Rights Reserved | Development by Why Web Developments
Design by W3layouts